Boland Tennis Afrigtersvereniging

bied aan

Kavaliers Oefenkamp 2018

(voormalige Boland Oefenkamp)

Woensdag 10 Januarie en Donderdag 11 Januarie 2018

Stellenbosch


Dit is vir die junior komitee aangenaam om alle kinders in die Kavaliers Streekspanne uit te nooi na die jaarlikse Kavaliers Oefenkamp op Stellenbosch.
Die oefenkamp staan onder leiding van 13 professionele afrigters.
Volgens riglyne van TSA beleid mag slegs spelers 'n Kavaliers oefenkamp bywoon wat deur afrigters afgerig word wat op die 2017 TSA lys verskyn.
Wanneer u kind ingeskryf word moet die afrigter se naam asb ook gekies word vanaf die lys wat voorsien word op die inskryf vorm.

Wanneer: Woensdag 10 Januarie en Donderdag 11 Januarie 2018

Waar: Stellenbosch

TYE: Woensdag 08h30 -16h30; Donderdag 08h30 tot 16h00 , Middagetes: 12h30 tot 14h00 (kinders bring eie etes en kan weggeneem word tydens die middag pouse)

Koste: R540 per leerling, 2 kinders per gesin betaal R990 en 3 kinders per gesin R1350 (As daar probleme is met finansies skakel Annelize by Sel: 0825630675 )

Inskrywings sluit: Woensdag 6 Desember 2017 (geen telefoniese navrae nie, kontak my by amtennis@adept.co.za)

Organiseerder: Annelize Morkel

Sel: 0825630675 / Tel: 0218547842 / Faks: 0865370258

Epos: amtennis@adept.co.za


Kamp vir o/9 Spelers:
Afrigters moet eers die spelers nomineer voor hulle kan inskryf (minimum vereiste is dat kinders moet kan rally ten minste 20 balle – indien hulle in die Wilson toernooie gaan speel volgende jaar moet hulle A-Afdeling speel)
Koste: R430 (slegs soggens)
TYD: Woensdag 08h30 – 12h30 en Donderdag 08h30 – 12h30


Slegs spelers wat in Hoërskole Streekspanne , asook die Laerskole Kavaliers Streekspanne is, word uitgenooi na die Kavaliers Oefenkamp 2018.
NB! Die kamp is nie vir enige iemand om in te skryf nie.
*NB!* Indien u kind nie die volle duur van die kamp kan bywoon nie, kan hy/sy ongelukkig nie inskryf nie

Skryf in via Internet by, Internet inskryfvorm:

Inskrywings in die volgende afdelings :
Ouderdom soos in 2018.
o/9 (gebore in 2009) , o/10 (gebore in 2008), o/11 (gebore in 2007), o/12 (gebore in 2006), o/13 (gebore in 2005), o/14 (gebore in 2004), o/16 (gebore in 2003 / 2002 ) en 0/18 (gebore in 2001 / 2000)


Let Wel: Moet asb geen navrae aan Tennisonline stuur nie want dit sal nie beantwoord word nie. Stuur asb navrae aan amtennis@adept.co.za

*Neem asb kennis van die nuwe bankbesonderhede / Please note the new banking details: *
Bankbesonderhede / Bank details:
Account name: Boland Junior Tennis
Bank name: NEDBANK
Account Number / Rekeningno. 1016359306 (tjek/cheque)
Takkode : 198765
Verwysing / Reference : Naam van speler & ouderdomsgroep / Name of player & age group.

Kliek hier om na die inskryf vorm te gaan:

Vir Admins:

Kliek hier om na die Admin blad te gaan