Boland Tennis Afrigtersvereniging

bied aan

Kavaliers Oefenkamp 2019

(voormalige Boland Oefenkamp)

Saterdag 12 Januarie en Sondag 13 Januarie 2019

Stellenbosch


Dit is vir die junior komitee aangenaam om alle kinders in die Kavaliers Streekspanne uit te nooi na die jaarlikse Kavaliers Oefenkamp op Stellenbosch.
Die oefenkamp staan onder leiding van Pieter Joubert, Winelands High Performenace coach en 15 professionele afrigters uit die Wynland Streke.
Die program sal ook die jaar vir die eerste keer ‘n High Performance program insluit vir die top 16 spelers in die Kavaliersspanne o/11-o/13. 'n Spesialis Fiksheid instrukteur sal ook sy kennis kom deel.
Volgens riglyne van TSA beleid mag slegs spelers 'n Kavaliers oefenkamp bywoon wat deur afrigters afgerig word wat op die TSA lys verskyn.
Wanneer u kind ingeskryf word moet die afrigter se naam asb ook gekies word vanaf die lys wat voorsien word op die inskryf vorm.

Die volgende kinders kan die kamp bywoon:
1. Top 32 spelers in die Kavaliers spanne vir 2019: /11, /12 en /13
2. Laerskool kinders in die Kavaliers Streekspanne word uitgenooi (Wynland Stellenbosch, Drakenstein, Weskus, Overberg en Breederivier-Langeberg-Witzenberg)
3. Alle Hoërskool spelers wat aan die Kavaliers Proewe deelgeneem het in 2018 word uitgenooi, asook spelers wat aan 2019 se proewe einde Januarie 2019 gaan deelneem.

Wanneer: Saterdag 12 Januarie en Sondag 13 Januarie 2019

Waar: Stellenbosch

TYE: Saterdag 12/1 08h30 tot 16h30; Sondag 13/1 08h30 tot 15h30, Middagetes: 12h30 tot 14h00 (kinders bring eie etes en kan weggeneem word vanaf die bane tydens die middag pouse)

Koste: R540 per leerling, 2 kinders per gesin betaal R990 en 3 kinders per gesin R1350 (As daar probleme is met finansies skakel Annelize by Sel: 0825630675 )

Inskrywings sluit: Vrydag 28 Desember 2018 (geen telefoniese navrae nie, kontak my by amtennis@adept.co.za)

Organiseerder: Annelize Morkel

Sel: 0825630675 / Tel: 0218547842 / Faks: 0865370258

Epos: amtennis@adept.co.za


Kamp vir o/9 Spelers:
Afrigters moet eers die spelers nomineer (by amtennis@adept.co.za) voor hulle kan inskryf (minimum vereiste is dat kinders moet kan rally ten minste 20 balle – indien hulle in die Wilson toernooie gaan speel volgende jaar moet hulle A-Afdeling speel)
Koste: R430 (slegs soggens)
TYD: Saterdag 08h30 – 12h30 en Sondag 08h30 – 12h30


ASSEBLIEF, geen boeties en sussies wat nie in die spanne is nie, kan inskryf nie.
*NB!* Indien u kind nie die volle duur van die kamp kan bywoon nie, kan hy/sy ongelukkig nie inskryf nie .


Skryf in via Internet by, Internet inskryfvorm:

Inskrywings in die volgende afdelings :
Ouderdom soos in 2019.
o/9 (gebore in 2001) , o/10 (gebore in 2009), o/11 (gebore in 2008), o/12 (gebore in 2007), o/13 (gebore in 2006), o/14 (gebore in 2005), o/16 (gebore in 2003/2004) en 0/18 (gebore in 2001 / 2002)


Let Wel: Moet asb geen navrae aan Tennisonline stuur nie want dit sal nie beantwoord word nie. Stuur asb navrae aan amtennis@adept.co.za

*Neem asb kennis van die nuwe bankbesonderhede / Please note the new banking details: *
Bankbesonderhede / Bank details:
Account name: Boland Junior Tennis
Bank name: NEDBANK
Account Number / Rekeningno. 1016359306 (tjek/cheque)
Takkode : 198765
Verwysing / Reference : Naam van speler & ouderdomsgroep / Name of player & age group.

Kliek hier om na die inskryf vorm te gaan:

Kyk of u inskrywing op die lys verskyn:

Vir Admins:

Kliek hier om na die Admin blad te gaan